LANDBOUVOERTUIE
As-stelsels deur BPW
BPW streef daarna om ‘n wye reeks swaardiens-landboutoerusting te voorsien. Met aste geskik vir implemente soos oesmasjienerie, grondbewerking, tippers, sproeiers, balers en bowsers, kan ‘n vloot volhoubare diens lewer as dit met hoё gehalte komponente met ‘n lang dienslewe toegerus is.
Deur spesiale profiel asbalke op beide sleepwa en positiewe stuurasse te gebruik, gepaard met ‘n lae-onderhoud onderstel en remme spesiaal ontwerp vir die voertuig, is dit moontlik om hoё ladingvereistes te behaal, terwyl jy steeds die beste gemak en beweegbaarheid vir die operateur verseker.
Dit beteken beide die gebruiker en die voertuigvervaardiger wen.
BPW verskaf regpas-sisteemoplossings wat vervaardigers in staat stel om op hul kernbesigheid te fokus sodat boere al hul aandag op goeie oeste kan hou.
Kwaliteit het ‘n sterk vennoot nodig
Professionele operateurs vereis die beste vertoning van hul masjienerie. Dit word aanhoudend gebruik en nie net tydens ploeg- en oestyd nie. Met hoё salarisse en die werk soms onderworpe aan ekstreme grondtoestande, is die volgende werksgeleentheid net ‘n klipgooi ver. Daarom moet elke komponent van die toerusting ontwerp word om aan die veranderende vereistes te voldoen om beskerming teen mislukkings teen te werk.
Die brosjure links is ‘n opsomming van ons plaaslike aanbiedings wat voorsiening maak vir meeste van die landboubehoeftes van suidelike Afrika. Die brosjure regs is die wêreldwye BPW Agrar-reeks, wat strek van basiese stub axles tot gevorderde forced steering axles en hydro-pneumatic ondersteleenhede. Sou jy in enige van hierdie tegnologie belangstel, sal ons graag help met die nodige kundigheid vir die optimale gebruik van toerusting.